Skip to content

ANC-veteraneliga vra sober debat oor begrotingskrisis

# Die ANC-veteraneliga vra ʼn opbouende, ingeligte en sober debat oor die begroting. Dit is terwyl nog ʼn spesiale kabinetsvergadering vandag beplan word om ander voorstelle te oorweeg vir die Februarie-begroting wat onder andere verwerp is weens ʼn voorstel om BTW met twee-persent te verhoog. Die organisasie se president, Snuki Zikalala, sê die regering moet drastiese uitgawes sny en bewus wees van landsburgers se gevoelens te midde van hoë werkloosheid en voortslepende hoë lewenskoste.