Skip to content

ANC-studiegroep verwag positiewe uitkomste vir Ramaphosa-Trump-ontmoeting

# Die ANC-studiegroep in Internasionale Betrekkinge en Samewerking glo president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump, sal positiewe uitkomste oplewer tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Die twee leiers vergader vandag by die Withuis. Die studiegroep sê die besoek bied ʼn belangrike geleentheid om diplomatieke bande te versterk, ekonomiese samewerking te verbeter en Suid-Afrika se belange op die wêreldverhoog te bevorder. Volgens die groep bied dit ook geleentheid om wanvoorstellings en verkeerde inligting reg te stel.