# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die DA is besig met iets onderduims binne die regering van nasionale eenheid, veral oor die dooiepunt rondom die begroting. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die uitkomste van die party se nasionale werkskomiteevergadering en beskuldig die DA dat hy soos ‘n opposisieparty optree, die mense verwar, die lof aanvaar vir regeringsoptrede en sy verantwoordelikheid vermy. Mbalula het weer bevestig die ANC het by die regering van nasionale eenheid aangesluit om nasionale belange en eenheid voorop te stel, ten spyte van ideologiese verskille:
ANC-sekretaris-generaal sê DA is besig met onderduimsheid in regering van nasionale eenheid [KLANK]
ENG MbalulaOnDoubleDealing