# Die ANC sê hy salueer die Suid-Afrikaanse aktiviste wat aangesluit het by die afvaardiging in die grootste burgerlike maritieme sending in solidariteit met die Palestynse volk. Die party het die sending beskryf as ‘n geweldlose standpunt teen Israel se blokkade van Gaza en ‘n kragtige verklaring vir geregtigheid en menseregte. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die sending weerspieël Suid-Afrika se eie bevrydingstryd. Bhengu het die regering versoek om sy volle steun te bied aan burgers wat aan hierdie internasionale solidariteitsending deelneem.
ANC salueer Suid-Afrikaanse aktiviste in wêreldwye konvooi na Gaza