# Die ANC het sy verbintenis tot ‘n pro-arm fiskale raamwerk herbevestig na die aanvaarding van die 2025 fiskale raamwerk deur die Parlement. Die party ondersteun die heroorweging van die voorgestelde 0,5-persentasiepunt BTW-verhoging, die aanpassing van belastingkerwe om blokkruiping te verhoed, en gee die Nasionale Tesourie 30 dae om alternatiewe inkomste maatreëls voor te lê. ANC woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die begroting prioritiseer die behoeftes van die werkersklas, en mik om die maatskaplike loon te beskerm en ekonomiese herstel voort te sit.
ANC ondersteun die heroorweging van die BTW-verhoging en inkomste belasting-aanpassings