# Die ANC-jeugliga het die optrede van die DA-parlementslid, Emma Powell, sterk veroordeel. Sy het na bewering ‘n doelbewuste waninligtingsveldtog teen die Suid-Afrikaanse regering gelei tydens haar onlangse besoek aan die Verenigde State. Die liga-woordvoerder, Zama Khanyase, sê Powell het na bewering leuens oor Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid versprei en die amptelike diplomatieke inisiatiewe van die regering weerspreek. Sy sê hulle doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om beslissend en dringend op te tree:
ANC-jeugliga veroordeel DA-LP se waninligtingsveldtog teen Suid-Afrika in VSA [KLANK]
ENG ZamaonDA