# Die ANC sê hy bly verbind tot dialoog en nasiebou ná ‘n vergadering met die DA. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die party se afvaardiging gelei in opvolggesprekke met die DA, na afloop van die onlangse ommekeer van die voorgestelde BTW-verhoging. Die ANC sê die gesprekke het ten doel om dringende begrotingsaangeleenthede aan te pak, en die party is onwrikbaar oor sy doelwitte van maatskaplike en ekonomiese geregtigheid, billikheid en transformasie.
ANC herbevestig verbintenis tot eenheid ná vergadering met DA