# Die Amy-stigting sal vandag die lewe en nalatenskap van Amy Biehl, die 26-jarige Amerikaanse Fulbright-beurshouer wat op 25 Augustus 1993 in Gugulethu vermoor is, vereer. Amy se ma, Linda Biehl, en Ntombeki Peni – wat vir haar dood skuldig bevind is en nou ‘n leier in die stigting is – sal blomme by haar gedenkplek lê. Sedert 1998 het die stigting meer as 12-duisend jongmense met vaardighede en geleenthede bemagtig.
Amy-stigting herdenk 32 jaar sedert Amy Biehl se dood