# Die beroemde Amerikaanse sangeres Connie Francis is op 87 oorlede. Sy was ‘n ster in die 1950’s en 60’s en een van haar treffers, Pretty Little Baby van 1962, was onlangs weer ‘n treffer toe dit wyd op sosiale media gedeel is. Sy het toe gesê dit is verstommend dat ‘n liedjie wat sy 63-jaar gelede opgeneem het, die harte van miljoene mense raak. Francis is in 1937 in New Jersey gebore as Concetta Rosa Maria Franconero, was vier keer getroud en het een kind gehad.
Amerikaanse sangeres Connie Francis dood op 87