Skip to content

Amerikaanse minister van Vervoer vra meer geld ná Vrydag se landwye vlugonderbreking [KLANK]

# Die Amerikaanse minister van Vervoer, Sean Duffy, het die Kongres gevra vir 847,5-miljard-rand se bykomende befondsing vir die Federale Lugvaartadministrasie. Dit volg nadat Vrydag se telekommunikasie-onderbreking ’n landwye vlugonderbreking van vier-uur veroorsaak het – die eerste sedert die 11 September-aanvalle van 2001. Bykans tien-duisend vlugte is gekanselleer. Duffy het aan Fox News gesê die onmiddellike probleem is opgelos, maar waarsku ‘n breër hersiening van die verouderende lugverkeersbeheerstelsel is nodig om soortgelyke mislukkings te voorkom:

ENG DuffyOnFunding