# ‘n Amerikaner se hond het hom geskiet toe die dier op sy bed gespring en ‘n gelaaide vuurwapen per ongeluk laat afgaan het. Die man van Memphis, Tennessee, en sy lewensmaat het geslaap toe hy geskiet is. Gelukkig het hy weggekom met net ‘n effense wond aan sy linker-bobeen. Volgens ‘n polisieverslag het die jaar-oue Amerikaanse veghond, Oreo, se poot in die sneller vasgehaak en ‘n skoot laat afgaan. Dis nie seker watter soort vuurwapen dit is nie.
Amerikaanse man se hond skiet hom in sy bed