# ‘n Kongreslid van die Republikeinse Party, Ronny Jackson het die Wet op Bilaterale Verhoudings tussen Amerika en Suid-Afrika her-ingedien wat ‘n volledige hersiening is van die wedersydse verhouding tussen die twee lande. Hy sê Suid-Afrika het sy verhouding met Amerika op uitdagende wyse opgeskort om verhoudings met China, Rusland, Iran en terroristiese organisasies aan te knoop, ‘n verraderlike stap wat ernstige gevolge het. Jackson sê die hersiening sal help om president Donald Trump se buitelandse beleidsagenda te bevorder. Hy voeg by die era van regerings wat Amerikaanse belange ondermyn sonder reperkussies, eindig nou.
Amerikaanse kongreslid wil Suid-Afrika aanspreeklik hou vir steun aan VSA se teenstanders