Skip to content

Amerikaanse kletsrymer Travis Scott bring lewe na FNB-stadion

# Die Amerikaanse kletsrymer Travis Scott se konsert vanaand by die FNB-stadion in Johannesburg is een van Suid-Afrika se grootste internasionale musiekgebeurtenisse van die jaar. Die vertoning van halfnege tot ongeveer 11-uur, is deel van sy wêreldwye Circus Maximus-toer. Die Johannesburg Metropolitaanse Polisiedepartement sal van 11-uur vanoggend af paaie rondom die stadion sluit. Die department moedig mense aan om van die Parkeer-en-Ry-dienste gebruik te maak. Veilige, onderdakparkering met retoerpendeldienste sal vanuit belangrike inkopiebestemmings bedryf word.