# President Donald Trump se administrasie het ʼn aansienlike perk van sewe-duisend-500 aangekondig op die getal vlugtelinge wat jaarliks in Amerika toegelaat gaan word. Wit Afrikaners uit Suid-Afrika en ander slagoffers van onwettige of onregverdige diskriminasie in hul onderskeie lande sal voorkeur kry. Dis ʼn dramatiese besnoeiing van die vorige perk van 125-duisend wat oudpresident Joe Biden vasgestel het, en ʼn rekord-minimum. Die administrasie sê humanitêre kommer regverdig die besluit, of dis andersins in nasionale belang.
Amerika stel vlugtelingperk op rekord-laagtepunt van 7 500 met voorkeur aan wit Afrikaners van Suid-Afrika