# Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, beskryf die handelsamesprekings met China as produktief en opbouend. Amptenare van die wêreld se twee grootste ekonomieë het die naweek in Genève, Switserland, vergader om te onderhandel. Dit volg nadat president Donald Trump verlede maand omvattende handelstariewe van 145-persent op die meeste Chinese goedere ingestel het. China het teruggekap met tariewe van 125-persent op Amerikaanse goedere. Bessent sê die twee lande het aansienlike vordering gemaak om die handelsoorlog af te skaal. China se visepremier, He Lifeng, sê dit was deurtastende, eerlike gesprekke.
Amerika en China maak aansienlike vordering om handelsoorlog af te skaal