Skip to content

Amazon se wolkdienste getref deur urelange wêreldwye onderbreking

# ‘n Wêreldwye onderbreking het die Amerikaanse tegnologie-reus Amazon se wolkdienste vir ‘n aantal ure getref. Talle webwerwe en dienste is ontwrig, insluitend Amazon Prime, Perplexity, Fortnite, Alexa, Snapchat en Duolingo. Amazon se instandhoudingsmaatskappy sê die probleem is na sowat drie uur grootliks opgelos, met sommige dienste wat nog werk om die agterstand uit te wis. Baie ander dienste is geraak, insluitend Reddit en verskeie video-stroomplatforms soos Hulu en DisneyPlus. In Europa is verskeie groot selfoonmaatskappye ook geraak, asook sommige Britse banke, WhatsApp en Tinder.