# Die langverwagte Madlanga-kommissie begin vandag by die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria. President Cyril Ramaphosa het die kommissie aangestel ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy maak bewerings oor samespanning en korrupsie in die strafregstelsel. Hy beweer die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het bande met ʼn misdaadsindikaat. Mkhwanazi sal die kommissie se eerste getuie wees. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê hulle neem kennis van die MK-party se uitdaging van sy wetlikheid in die Hooggeregshof:
Alles is gereed vir die langverwagte Madlanga-ondersoekkommissie wat vandag begin [KLANK]
ENG MichaelsOnCourts