# Aktiste van Alexandra en kunstenaars werk saam om die besoedelde Jukskeirivier in Johannesburg te rehabiliteer. Die veldtog onder leiding van die omgewingsaktivis Hannelie Coetzee en Alexandra se Waterkrygers gebruik herwinde plastieknette om vullis op te vang. Hulle maak beelde van die rivierafval en wil ook meer as 40-duisend bome langs die rivier plant. Die gemeenskaps-gedrewe benadering wil die omgewing herstel en inwoners aanmoedig om eienaarskap van die rivier te neem.
Alexandra-aktiviste rehabiliteer besoedelde Jukskeirivier