Skip to content

Al meer klimmers en klimaatsverandering plaas Berg Everest onder druk

# Die regering van Nepal is vasbeslote om die Berg Everest te beskerm te midde van klimaatsverandering en die toenemende aantal klimmers. Verlede jaar is meer as 11-ton rommel en vier liggame tydens ʼn skoonmaakoperasie van die berg verwyder. Nepal het nie reëls oor hoeveel dae klimmers moet bestee aan akklimatisering of oefenpogings nie. Permitte om Everest te klim is 90 dae geldig. Die minister van Toerisme, Badri Prasad Pandey, sê daar is ʼn dringende behoefte om avontuur-toerisme, en omgewingsbewaring en veiligheid te balanseer.