Skip to content

Akteur Stacy Keach sterf op 85

# Die Amerikaanse akteur wat die privaat speurder Mike Hammer in die TV-reeks van die 1980’s uitgebeeld het, is op 85 oorlede. Stacy Keach se loopbaan het oor ses dekades gestrek en het ook Shakespeare-rolle en vertolkings in produksies soos Hemingway, Prison Break en The Bourne Legacy ingesluit. Sy laaste verskyning was verlede jaar in Netflix se produksie, Jay Kelly. Keach se vrou, Malgosia Tomassi, sê hy is in hulle huis in Madgalenka, Pole, aan hartversaking dood. Hy word ook oorleef deur twee kinders.