# Die bekende akademikus en joernalis professor Wilhelm Jordaan is die naweek in die ouderdom van 82 oorlede. Hy het vir meer as 30 jaar weekliks rubrieke vir Beeld, en later vir sy susterpublikasies Die Burger en Volksblad, geskryf. Jordaan het ook nagenoeg 15 boeke, waaronder akademiese boeke, en 30 sielkunde-artikels geskryf of as mede-outeur opgetree. Een daarvan is Sondesemoer, ‘n versameling van sy gewilde rubrieke wat in Beeld verskyn het. Hy is in 2003 as buitengewone professor aan die Universiteit van Pretoria se Sielkunde-departement aangestel.
Akademikus en joernalis professor Wilhelm Jordaan sterf