Skip to content

Agrizzi gelas om 1,66-miljard-rand verbind met Bosasa-korrupsieskandaal aan staat te betaal

# Die Hooggeregshof in Pretoria het gelas die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, moet meer as 1,6-miljard-rand aan die staat terugbetaal in verband met onwettige voordele weens Bosasa se korrupte bedrywighede. Agrizzi is verlede jaar skuldig bevind op drie aanklagte van korrupsie en een van geldwassery vir sy rol in ‘n korrupsienetwerk wat regeringskontrakte deur omkopery bekom het. Regter Mokhina Mosopa het bevind Agrizzi het voordeel getrek uit die onderneming se omkoperynetwerk en versuim om sy bates, insluitend eiendomme in Suid-Afrika en Italië, volledig te openbaar.