Skip to content

Aggressiewe indringer-alg van Suidoos-Asië bedreig biosekerheid

# Kenners waarsku dat alge uit Suidoos-Asië ‘n groot bedreiging vir bioverskeidenheid inhou. Plaaslike owerhede in Cádiz, Spanje, het een-duisend-200-ton van die alg van die stad se gewildste strand, La Caleta, verwyder. Die alg heg hom aan rotse en ander oppervlaktes of dryf vry rond, wat inheemse spesies seewier uitwis. ‘n Professor in biologie aan die Universiteit van Cadiz, Juan José Vergara, sê dit sal moeilik wees om die omvang van die alg-indringing uit te roei of selfs die intensiteit daarvan aansienlik te verminder.