Skip to content

Agentskap waarsku huidige vlakke van metaangasvrystellings van fossielbrandstowwe is steeds baie hoog

# Die Internasionale Energie-agentskap waarsku dat metaanvrystellings van fossielbrandstowwe op hardnekkig hoë vlakke bly. Volgens sy 2025 Global Methane Tracker-verslag het die wêreldproduksie van olie, gas en steenkool, en beperkte versagtingspogings, metaanvrystellings van die energiesektor bo 120-miljoen-ton per jaar gehou. Huidige metaanverminderingsbeloftes deur lande en maatskappye dek 80-persent van die wêreldwye olie- en gasproduksie. Die agentskap sê dat ‘n geraamde 70-persent van die jaarlikse metaanvrystellings van die energiesektor met bestaande tegnologieë vermy kan word.