Skip to content

Afvalherwinners bespaar Johannesburgse metro R780-miljoen aan ruimte vir stortingsterreine

# Afvalherwinners bespaar die Johannesburgse metro na raming jaarliks ​​780-miljoen-rand aan ruimte vir stortingsterreine. Die African Reclaimers Organisation sê hulle samel bykans 90-persent van die metro se herwinbare materiaal in – sonder enige amptelike erkenning of ondersteuning. Hul programkoördineerder, Nandi Tutani, sê herwinners is kundiges – nié haweloses nie – en benodig veilige werkruimtes. ARO skakel intussen met die metro oor die beveiliging van infrastruktuur en die verandering van die publiek se houding teenoor hierdie noodsaaklike, maar opsy-geskuifde werkers.