# Die Afrika-Unie steun ‘n veldtog om regerings en internasionale organisasies se gebruik van die 16de-eeuse Mercator-wêreldkaart te staak en vra ‘n kaart wat Afrika se grootte meer akkuraat uitbeeld. Die orspronklike kaart, wat vir skeepvaart geskep is, verdraai die groottes van vastelande en vergroot gebiede soos Noord-Amerika en Groenland, terwyl Afrika en Suid-Amerika ingekrimp word. Die adjunkvoorsitter van die AU-kommissie, Selma Haddadi, sê dit skep die indruk dat Afrika onbelangrik is terwyl dit die wêreld se tweede grootste vasteland is met meer as ‘n miljard mense.
Afrika-Unie vra ‘n wêreldkaart wat die grootte van die vasteland akkuraat uitbeeld