# Die Europese Beleggingsbankgroep, die Europese Kommissie en die Internasionale Finansieringskorporasie het ‘n finansieringsvennootskap aangekondig om Biovac se eerste volledige multi-entstofvervaardigingsaanleg vir Afrika in Suid-Afrika te bou. Biovac se bestuurshoof, Morena Makhoana, sê die projek sal Afrika se gesondheidsveiligheid versterk, entstofvervaardigingsvermoë uitbrei en toegang tot noodsaaklike inentings verbeter. Hy sê die nuwe aanleg sal betroubare entstofvoorraad vir Afrika verseker, terwyl vaardighede gebou, tegnologie-oordrag uitgebrei en entstof-vernuwing aangedryf word.
Afrika se eerste volledige multi-entstofaanleg sal in Suid-Afrika gebou word