# Die Afrika-Ontwikkelingsbank en die Wêreld Ekonomiese Forum het die Humanitêre en Veerkragtigheids-beleggingspadkaart vir Afrika bekend gestel om privaat beleggings na die vasteland se kwesbaarste ekonomieë te lok. Die projek het ten doel om aandag te skenk aan Afrika se geraamde jaarlikse ontwikkelingsbefondsingsgaping van 6,4-duisend-milard-rand. Die padkaart beoog ook om volhoubare befondsing vir infrastruktuur, ekonomiese herstel en veerkragtigheidsprojekte te ontsluit. Organiseerders sê die vennootskap sal help om beleggers te mobiliseer, risiko’s te verlaag en langtermyngroeigeleenthede in kwesbare Afrikalande te versterk.
Afrika-Ontwikkelingsbank en Wêreld Ekonomiese Forum stuur beleggingspadkaart vir kwesbare ekonomieë van stapel