# Die Afrika Mayibuye-beweging sê hy staan in volle solidariteit met alle geloofsleiers, gemeentes, en gemeenskappe wat vandag aan ‘n vreedsame betoging in Pretoria deelneem. Die party sê die optrede is teen die kommissie vir die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe se hernude pogings om geloof te reguleer onder die dekmantel van aanspreeklikheid. Bafana Zondo van Mayibuye sê die voorsitter van die CRL, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, het verlede week die Artikel 22-komitee van stapel gestuur om geloof te reguleer. Hy sê enige poging om geloof te reguleer is ‘n aanval op die bevryding van die Afrika-siel.
Afrika Mayibuye-beweging ondersteun protesoptrede teen CRL-kommissie se pogings om geloof te reguleer