# Die Instituut vir Sekerheidstudies sê Afrika moet waaksaam en proaktief wees in sy verhouding met die Europese Unie en China in die lig van Amerika se omkeer van klimaatsverbintenisse. Die vasteland het 80-persent van die wêreldwye energietekort, maar het in 2022 net twee-persent van die beleggings in hernubare energie ontvang. Die instituut se navorsingsgenoot, Dhesigen Naidoo, sê dit sal waarde toevoeg indien Afrika-Europa-China-vennootskappe in klimaat- en energieprojekte saamwerk. Naidoo sê Afrika moet die komende Afrika-unie/EU-beraad gebruik om die vasteland se planne vir groen ontwikkeling te bevorder.
Afrika kan baat by nuwe wêreldwye klimaatvennootskappe