# AfriForum sê die jongste misdaadstatistieke toon die Suid-Afrikaanse Polisiediens slaag steeds nie daarin om gemeenskappe doeltreffend te beskerm nie, ten spyte van ‘n effense daling van 4,6-persent in geweldsmisdaad. Die organisasie voer aan dat polisiëring nie gesentraliseer kan word nie en moet beter met plaaslike veiligheidsstrukture saamwerk, aangesien misdaaduitdagings nie in alle streke dieselfde is nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê formele vennootskappe tussen polisie, buurt- en plaaswagte kan help om polisiëring te versterk en veiligheid te verbeter:
AfriForum waarsku die polisie beskerm steeds nie gemeenskappe nie ondanks ’n effense afname in geweldsmisdaad [KLANK]
ENG BroodrykOnLatestCrimeStats