# AfriForum doen ‘n beroep op die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om plaasaanvalle as nasionale voorkeurmisdade te klassifiseer ná die wrede moord op die 79-jarige Valery Ezner op ‘n plaas in Van Wyksdorp. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasmoorde word toenemend gewelddadig, is geteiken en strategies, en hou ‘n bedreiging vir landelike veiligheid en voedselsekerheid in. Hy vra vir ‘n toegewyde Valke-taakspan om landelike misdaad te bekamp en die publiek se vertroue in die polisie te herstel:
AfriForum vra minister om plaasaanvalle as voorkeurmisdade te klassifiseer [KLANK]
AFR-BroodrykOnMurders