# AfriForum het die terugbetaling aan inwoners van die onwettige skoonmaakheffing deur die Tshwane Metro verwelkom. Die kreditering volg na ‘n Hooggeregshofbeslissing dat die heffing onwettig en ongeldig is. Arno Roodt van AfriForum sê krediete word aan inwoners gestuur, en spaar die stad meer as 58-miljoen-rand. Roodt warsku die metro dat enige appél belastingbetalers se geld sal mors en belowe om dit in die hof uit te daag. Hy beskryf die uitspraak as ‘n oorwinning vir inwoners:
AfriForum verwelkom kreditering van onwettige Tshwane skoonmaakheffing [KLANK]
AFR-RoodtOnLevy