# AfriForum versoek die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat om dringend ondersoek in te stel na die diefstal van 17 vuurwapens by die Humansdorp-verkeersdepartement in die Oos-Kaap. Volgens die organisasie is die wapens, ten spyte van bewerings van streng sekerheid, verlede week in ’n inbraak gesteel. Volgens Jacques Broodryk van AfriForum dui dit op ’n wyer patroon van nalatigheid. Hy het verwys na soortgelyke voorvalle by polisiekantore regoor die land:
AfriForum versoek OPOD om ondersoek in te stel oor 17 gesteelde vuurwapens in Oos-Kaap [KLANK]
AFR BroodrykOnFirearms