# AfriForum het die Nasionale Vervolgingsgesag gekritiseer omdat hulle die moordsaak van die 81-jarige Hendrik Venter van die hofrol verwyder het, hangende verdere ondersoeke. Venter is verlede jaar op sy plaas in Kuruman vermoor. Jacques Broodryk van AfriForum sê die vrylating van die beskuldigde is ‘n skandelike mislukking van geregtigheid. Hy blameer vervolgingvertragings en forensiese agterstande en eis dringende regstellende stappe. Hy het beklemtoon dat die saak ‘n ontstellende patroon van nalatigheid in plaasmoordvervolgings uitlig:
AfriForum veroordeel NVG na moordsaak van 81-jarige-plaasboer van rol verwyder word [KLANK]
AFR-BroodrykOnNPA