Skip to content

AfriForum, Saai onthul internasionale strategie teen ‘Kill the Boer’ slagspreuk

# AfriForum en die Suider-Afrika Agri-inisiatief gaan môre hul internasionale strategie teen die “Kill the Boer”- slagspreuk in Centurion aankondig. Kallie Kriel en Ernst van Zyl van AfriForum, saam met Theo de Jager van SAAI, gaan ‘n klagstaat genaamd die ‘Malema-dossier’ teen die EFF-leier Julius Malema vrystel. Die dossier, saamgestel deur AfriForum se Navorsings- en Privaatvervolgingseenheid, ondersoek die implikasies van die Magnitsky-wet wat individue en entiteite teiken wat betrokke is by ernstige menseregteskendings. Die organisasies sê dit bepaal hul strategie teen Malema se beweerde ekstremisme en korrupsie.