Skip to content

AfriForum gee geskenk aan Oom Paul op sy 200ste verjaarsdag

# AfriForum het vandag die 200ste herdenking van Paul Kruger se geboorte op 10 Oktober 1825 herdenk met ’n spesiale “verjaarsdaggeskenk” deur die beveiliging van die Kruger-monument op Kerkplein in die Pretoriase middestad te verbeter. Hierdie inisiatief volg nadat vandale weer in September vanjaar van die standbeelde wat deel van die monument uitmaak, ernstig beskadig het. ’n Geweerloop en ’n skoen van twee van die Boerekrygerbeelde aan die voet van die Kruger-standbeeld is afgebreek. Omdat die veiligheidsheining rondom die monument ook beskadig is, was AfriForum bekommerd oor die onmiddellike veiligheid daarvan.