# Die AfricaArena Johannesburg-beraad begin vandag. Die geleentheid stel Afrika se tegnologie-ondernemings op die voorpunt van nuwe tegnologie ten toon. Die beraad wat deur Amazon Web Services gesteun word, vorm deel van ‘n vasteland-wye toer wat op innovering en beleggingsgeleenthede fokus. Die hoofspreker is Melvyn Lubega wat saam met ander nywerheidsleiers hulle insigte oor die toekoms van Afrika-tegnologie sal deel. AfricArena bied ‘n platform vir beginnermaatskappye wat toekomstige leiers in die tegnologiebedryf kan word.
AfricArena Johannesburg-beraad begin vandag