Skip to content

African Congress for Transformation gereed om oor koalisies te onderhandel [KLANK]

# Die African Congress for Transformation sê hy is oop vir koalisie-onderhandelinge met enige politieke party, mits dienslewering die prioriteit bly. ACT het raadslede in die Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Dit volg na die plaaslikeregeringsverkiesing, waar meer as 130 rade sonder ‘n algehele meerderheid is. Die sekretaris-generaal van ACT, Ntandokazi Ngoma-Mbutuma het aan die SABC gesê die party verwelkom uitnodigings om moontlike vennootskappe te bespreek in munisipaliteite waar hy verteenwoordig is.

ENG-Ngoma-MbutumaOnCoalition