# Die Daily Maverick berig die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, se befondser is die sakeman en voorsitter van die Collen Mashawana-stigting en die Afribiz Groep, Collen Mashawana. Die stigting het na bewering ‘n Onafhanklike Ontwikkelingstrust-kontrak van 60-miljoen-rand ontvang om werkverskaffingskemas te bedryf, ten spyte van ‘n gebrek aan ervaring. Rekords toon Mashawana het betalings gemaak vir Malaka se luukse eiendom terwyl die Onafhanklike Ontwikkelingstrust meer as 23-miljoen-rand aan sy stigting oorgedra het. Intussen is honderde werkers van die Uitgebreide Openbare Werke-program steeds nie betaal is nie en kommer bestaan oor die misbruik van openbare fondse.
Afribiz Groep se voorsitter Mashawana verbind met Malaka in befondsingsomstredenheid