# Die Franse Ontwikkelingsagentskap het volgens berigte ‘n versoek van die Stad Johannesburg om bykomende befondsing verwerp. Volgens News24 is dit omdat die metro nie die voorwaardes van ‘n lening van 2,5-miljard-rand wat dit in 2024 van die agentskap ontvang het, nagekom het nie. Die metro sê in reaksie internasionale ontwikkelingsfinansieringsinstellings, insluitend die agentskap, het nie ‘n verpligting om Johannesburg elke finansiële jaar te befonds nie. Die AFD sê hy het geen verdere finansieringsplanne vir die metro in sy huidige jaarlikse programmeringsiklus nie.
AFD het volgens berigte die Stad Johannesburg se versoek om bykomende befondsing verwerp