# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson het aangekondig dat die eerste vergadering van sy nuut-aangestelde adviespaneel vroeg in Julie sal plaasvind. Die paneel, wat vrywillig dien, sluit in die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotzé; die uitvoerende hoof van Growthpoint, Estienne de Klerk; die hoof van ontwikkeling by Atterbury, Gerrit van den Berg; en die besturende direkteur van 4Dimension Engineering, Sivuyile Mbewu, in. Macpherson sê dit maak deel uit van sy visie om Suid-Afrika in ‘n bou-terrein te omskep en werkskepping te bevorder.
Adviespaneel moet openbare batebestuur en infrastruktuurontwikkeling versterk