Skip to content

Adjunkpresident verdedig SEB as bemagtiging, nie rassisme nie

# Adjunkpresident Paul Mashatile sê swart ekonomiese bemagtiging is nie rassisme nie, maar ‘n instrument om ongeregtighede uit die verlede reg te stel. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beklemtoon transformasie beteken om welvaart te deel en diegene wat voorheen benadeel is, te bemagtig. Hy het sê wetgewing moet behoorlik aangewend word om swart entrepreneurs en gemeenskappe op te hef, en het bygevoeg die regering sal nie terugdeins om ekonomiese insluiting te verseker nie.