Skip to content

Adjunkpresident Mashatile sê Suid-Afrika hanteer probleme by hawens vinnig

# Adjunkpresident Paul Mashatile het uitvoerende hoofde van die Japannese voertuigvervaardiger, Isuzu, verseker Suid-Afrika is aktief besig om sy hawe- en infrastruktuurkwessies aan te spreek. Hy het sy driedaagse werksbesoek gister in Tokio begin met ʼn besoek aan die Isuzu Fujisawa Plant Service. Die Isuzu Motors Suid-Afrika se Struandale-aanleg in Gqeberha in die Oos-Kaap, vervaardig jaarliks 28-duisend-500 voertuie en het handelaars in 26 Afrikalande. Mashatile beskryf Isuzu as ʼn model-belegger in Suid-Afrika wat bydra tot werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en verskaffer- en projekontwikkeling.