# Adjunkpresident Paul Mashatile is op ʼn werksbesoek van drie dae aan Japan om samewerking tussen die twee lande te bevestig. Japan is een van Suid-Afrika se groot ekonomiese vennote met aansienlike belegging in die land, veral wat handel, beleggings, onderwys, wetenskap en tegnologie betref. Die presidensie sê Mashatile sal met die Japannese regering en privaat rolspelers vergader om die land se belangrike aandrywers van ekonomiese groei te bevorder, wat vervaardiging en groter uitvoere insluit. Die adjunkpresident word deur verskeie ministers vergesel.
Adjunkpresident Mashatile in Japan om bilaterale betrekkinge te bevestig