# Adjunkpresident Paul Mashatile besoek vandag Bronkhorstspruit in Tshwane ná die waterbesoedelingskrisis wat meer as 400 mense met maagdermsiekte besmet het. Dis deel van die werk van die tussen-ministeriële komitee oor Water en Sanitasie. Mashatile sal die watersuiweringsaanleg besoek en ingelig word oor die toestand van die behandelings-infrastruktuur. Hy sal ook met die betrokke owerhede beraadslaag oor maatreëls wat ingestel word om die veiligheid en betroubaarheid van die watervoorsiening te verseker en pasiënte in die hospitaal besoek.
Adjunkpresident Mashatile besoek Bronkhorstspruit na waterbesoedelingskrisis