# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Nomalungelo Gina, het die privaatsektor versoek om internskapgeleenthede vir jong gegradueerdes uit te brei en waarsku jeugwerkloosheid in Suid-Afrika is ‘n nasionale noodtoestand. Gina het gepraat tydens ‘n geleentheid om die 20-jarige bestaan van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se Nagraadse Internskapprogram te vier, waar meer as sewe-duisend-600 gegradueerdes opgelei is. Sy het werkgewers, munisipaliteite en staatsentiteite aangespoor om meer gegradueerdes in te neem en het die program se rol uitgelig in die ontwikkeling van geskoolde professionele persone en toekomstige innoveerders in wetenskap, tegnologie en sosiale wetenskappe.
Adjunkminister vra privaatsektor om internskappe vir gegradueerdes te bevorder te midde van jeugwerkloosheidskrisis