Skip to content

Adjunkminister van Justisie waarsku teen mensehandel deur vals werkaanbiedinge

# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het Suid-Afrikaners gewaarsku oor mensehandel wat verbind word met bedrieglike oorsese werksaanbiedinge, na berigte van moontlike slagoffers in Mianmar. Nel sê die Departement koördineer bewusmakingsveldtogte, opleiding en werkswinkels om mensehandel te voorkom, deur die Nasionale Intersektorale Komitee oor Mensehandel. Nel het mense gemaan om versigtig te wees wanneer daar op aanlyn werksadvertensies gereageer word. Hu beveel aan dat verifiëring deur amptelike kanale gedoen word en verdagte gevalle by die Mensehandel-afdeling aangemeld word. Nel het beklemtoon dat bewustheid steeds die eerste linie van verdediging teen uitbuiting is.