# Die adjunkminister van Finansies, Ashor Sarupen, het die aanbevelings van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se opname verwelkom en sê Suid-Afrika werk reeds aan volhoubare staatsfinansies. Die opname is ʼn onafhanklike en internasionale portuur-evaluering van die land se makro-ekonomiese neigings, strukturele hervorming en beleidsprobleme. Dit stel onder andere voor dat die land strenger bestedingsbeheer toepas, bestedingsreëls verskerp en bestuur verbeter. Sarupen sê die staat beraadslaag tans oor opsies vir ʼn amptelike fiskale anker om sy finansies doeltreffender te bestuur.
Adjunkminister van Finansies Sarupen sê die regering probeer sy finansies beter bestuur