# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Jane Graham-Maré, sê die skepping van Eskom Green sal ‘n nuwe hoofstuk in Suid-Afrika se elektrisiteitsverhaal inlui. Eskom Green sal een van die vier ontbondelde entiteite wees onder die kragvoorsiener se houermaatskappy, met die mandaat om die dryfveer te wees vir die berging van hernubare energie en groen waterstof. Eskom wil sy portefeulje van hernubare energie uitbrei en hoop dat skoonenergie-projekte teen 2030 ongeveer 5,90-gigawatt sal lewer. Graham-Maré sê Eskom Green sal die land posisioneer vir ‘n skoner, meer mededingende toekoms.